Get to Nature with Briza Publications!

Mammal Guide of Southern Africa book. Callfinder® – uploaded with the latest Mammal Guide of Southern Africa soundfile, Burger Cillié

Mammal Guide of Southern Africa with Callfinder® Package

Sappi Voëls/Soogdiergids Kombo

Sappi Voëls/Soogdiergids Kombo

Blinktand van Bosveldparadys met Klankleser® Pakket

Soek jy n wonderlike storieboek vir n Afrikaanse kind? Blinktand van Bosveldparadys, deur Atti Snyman is ideaal. Luister saam met Briza se Klankleser®.

As low as ZAR1,145.00

In stock

ISBN
0700083881496
Customize Blinktand van Bosveldparadys met Klankleser® Pakket
1 x Blinktand van Bosveldparadys: Sound file   + ZAR0.00

* Required Fields

Your Customization
Blinktand van Bosveldparadys met Klankleser® Pakket
Blinktand van Bosveldparadys met Klankleser® Pakket

In stock

ZAR1,145.00

Summary

    Skrywer: Attie Snyman
    ISBN: 9781920217686
    Omvang: 160 bladsye
    Formaat: 280 x 210 mm
    Hardeband, volkleur illustrasies en foto’s, Briza Klankleser® gereed; voorlesing van die verhaal deur Lochner de Kock kan in MP3 formaat van die Briza webwerf afgelaai word.
     

    Oor die boek:

     Blinktand van Bosveldparadys handel oor die avonture van Blinktand, die grootste, sterkste en slimste vlakvark wat ooit in Bosveldparadys geleef het. Die storie begin by die geboorte van Blinktand en eindig waar hy die president van Bosveldparadys word na die dood van Boskaas, die ou leeu-president. Die jong leser beleef nie net gevaarlike gebeure, drama en spanning saam met Blinktand en sy bekkige vriend Kierie Kraai nie, maar ook humoristiese situasies wat lesers – jonk en oud - sal laat skaterlag.


    Blinktand van Bosveldparadys is 'n unieke lees- en leerervaring: jy kan dit lees soos ’n gewone storieboek, of met die Briza Klankleser® na die volledige verhaal in die boek luister. 'n Lekkerlees- en luisterboek vir kinders, maar grootmense sal dit ook geniet! Dit is ’n storieboek, leesboek, luisterboek, leerboek, natuurboek asook 'n boek met sterk onderliggende opvoedkundige temas soos respek, eerlikheid, naasteliefde, nederigheid, leierskap, vasberadenheid, deursettingsvermoë, vergewensgesindheid en dankbaarheid.

    Die boek is ideaal vir selflees of voorlees - tuis of in die klaskamer. Aan die einde van elke hoofstuk is ’n lys van moeilike woorde en uitdrukkings wat woordeskatuitbreiding aanmoedig asook ’n stel vrae wat die jong leser se kennis en begrip van dít wat gelees is, toets. Aan die einde van die boek is ’n leersame afdeling met kleurfoto’s en beskrywings van die diersoorte en plante wat in die storie voorkom.

    Die storie word voorgelees deur die bekende akteur Lochner de Kock en kan ook afsonderlik in MP3 formaat van Briza se webwerf afgelaai word.

     

    Pakket bevat:

    • Blinktand van Bosveldparadys boek
    • Klankleser®
    • Blinktand van Bosveldparadys klankbaan

     

    Nota:

    • As jy reeds die Klankleser® besit, kliek hier om die Blinktand van Bosveldparadys boek alleenlik te kry, en hier om die Blinktand van Bosveldparadys klankbaan te kry

     

    Spesiale Blinktand inkleurprente is aflaaibaar van ons webtuiste. Kliek hier om hul te sien en af te laai.

     

    Slegs in Afrikaans beskikbaar

    Write Your Own Review
    You're reviewing:Blinktand van Bosveldparadys met Klankleser® Pakket
    Your Rating