Benut Ons Inheemse Bome
Outeurs: Fanie en Julye-Ann Venter
ISBN: 9781920217426
Omvang: 368 pages
Format: 240 x 168 mm
Integral-sagteband, volkleur
Oor die boek:
Benut ons Inheemse Bome is ongetwyfeld die nuttigste en mees praktiese boek wat oor die onderwerp in Suid-Afrika gepubliseer is.
Hierdie derde en hersiene uitgawe bevat 22 meer boomspesies. Die 163 boomsoorte is alfabeties volgens botaniese naam gerangskik, met meer as 850 volkleur foto’s geïllustreer en volledig bespreek.
Spesiale kenmerke:
Die volgende inligting is vir elke boomsoort ingesluit:
- 'n Inleidende afdeling oor die kweek van bome deur saad, steggies en stamsteggies.
- 'n Volledige spesiebeskrywing, kenmerke waaraan die boom uitgeken kan word, blom- en dratye, natuurlike verspreiding en habitat.
- Die ekologiese rol en benutting deur soogdiere, voëls en insekte.
- Ekonomiese waarde en gebruik deur die mens in tuine, op plase en elders as ’n bron van voedsel, vesel en medikasie.
- Eienskappe van die hout en benutting daarvan deur die mens.
- Duidelike riglyne oor die ent en kweek van elke boomsoort.
- 'n Kaart wat die natuurlike verspreiding van elke boomsoort aandui.
- Meer as 850 volkleur foto’s wat met sorg uitgesoek is om die teks te komplementeer en te illustreer.
- Die boek bevat ’n tabel wat boombenutting deur diere, voëls en insekte saamvat, bronverwysings en ’n indeks van algemene en botaniese name.