Briza Publications Shop Closure

Please note that this online shop is no longer functional. You can continue to shop Briza titles at your local or online bookstores.

 

Bosveld: Ekologie en Bestuur

Bosveld: Ekologie en Bestuur

Bushveld:  Ecology and Management

Bushveld: Ecology and Management

Bosveld: Ekologie en Bestuur

Rating:
90% of 100
ZAR275.00
Availability: Out of stock
ISBN
9781920217280

Outeur P.T. van der Walt
ISBN: 9781920217280
Bladsye: 160
Formaat:240 x 210 mm
Sagte band met volkleur fotos

 

Oor die boek:


17 van ons land se voorste boskundiges skryf oor die Bosveld se bewaring en bestuur, die geologie en grond, veld en plante, houtsoorte en ouderdomme van bome, oorlewing en veldgebruik in historiese tye, hedendaagse toerisme en wat dit sou behels om 'n plaas hier te koop.

In die volksmond verwys 'bos' na 'n houtagtigheid wat in samestelling, digtheid en hoogte verskil. Dit is 'n plek waar die lewensiklusse van sowat 5 700 plantsoorte bydra tot die polsende ritme en dinamiek van soet-, suur-, gemengde of dorre bosveld. 'n Anderhalf miljoen besoekers put jaarliks enorme plesier uit hierdie kosbare bioskat, maar dit is besig om vinnig te verarm weens die druk van menslike aktiwiteite en wanbestuur.

Die benutting daarvan moet dringend met meer sensitiwiteit en kundigheid benader word. Om hierdie ideaal groter momentum te gee, deel 17 van ons land se voorste boskundiges hul kennis op 'n maklik verstaanbare en kleurvolle wyse wonderlike leesstof vir die bewaarder, boer, student en elke bosliefhebber.

Hierdie bondige kroniek vertel van die Bosveld se bewaring en bestuur, die geologie en die grond, die veld en die plante, van houtsoorte en die ouderdomme van bome, van oorlewing en van veldgebruik in historiese tye, van hedendaagse toerisme en wat dit sou behels om 'n plaas hier te koop.

Bosveld: Ekologie en Bestuur is 'n eiesoortige veldgids vir ons geliefde Bosveld 'n moet vir elke Bosvelder en Bosveldbesoeker.

 

Ook beskikbaar in Engels: Sien in aanlyn winkel

 

Write Your Own Review
You're reviewing:Bosveld: Ekologie en Bestuur
Your Rating