Briza Publications Shop Closure

Please note that this online shop is no longer functional. You can continue to shop Briza titles at your local or online bookstores.

 

Fotogids tot Bome van Suider-Afrika

Fotogids tot Bome van Suider-Afrika

Garden Succulents

Garden Succulents

Photo Guide to Trees Of Southern Africa

Photo Guide to Trees Of Southern Africa

Fotogids tot Bome van Suider-Afrika

Rating:
90% of 100
ZAR450.00
Availability: Out of stock
ISBN
9781920217051

Outeurs: Braam van Wyk, Piet van Wyk en Ben-Erik van Wyk
ISBN: 9781920217051
Bladsye: 360
Formaat: 240 x 168 mm
Sagteband met invouflappe, volkleur, 900 fotos, verspreidingskaarte
Ook in Engels beskikbaar: Photo Guide to Trees of Southern Africa

 

Oor die boek:


Suider-Afrika het 'n merkwaardig ryke verskeidenheid bome; hierdie indrukwekkende plante is dominant in verskeie plantegroeitipes, bied skuiling en voedsel aan 'n menigte organismes en is ook van baie groot praktiese waarde vir mense. Hoewel geen twee bome identies in vorm is nie, kan die meeste spesies maklik op grond van subtiele verskille in vertakkingspatroon en loofkenmerke uitgeken word. Die buitelyn van die kroondak bied dikwels die eerste leidraad tot identifikasie van 'n boom. Fotogids tot Bome van Suider-Afrika is van onskatbare waarde as identifikasie- en verwysingsgids tot 300 van die meer algemene boomsoorte in die streek, inheems sowel as genaturaliseer. 'n Belangrike doel van die boek is om die kenmerkende groeivorm van die verskillende spesies te illustreer sodat hulle maklik in die veld uitgeken kan word. Hierdie volledig hersiene tweede uitgawe van die boek bied die volgende:

  • Gesaghebbende beskrywings met die klem op die belangrikste kenmerke vir identifikasie in die veld.
  • Meer as 920 uitstekende volkleur foto's wat veral die groeivorm van die verskillende spesies toon, maar ook die blomme, vrugte en bas.
  • Bygewerkte kaarte wat die verspreiding van elke spesie in Suider-Afrika aantoon.
  • Habitatvoorkeur van elke spesie.
  • Gebruike deur die mens, soos byvoorbeeld as voedsel, medisyne, gifstowwe, looistowwe, kleurstowwe, kleding, vesel, handwerk, boumateriaal, brandstof, asook vir tuinbou.
  • Verwysings na soortgelyke en naverwante spesies en hoe hulle onderskei kan word.
  • 'n Reeks simbole wat sekere inligting oor 'n spesifieke boom met een oogopslag aan die leser oordra.
  • 'n Innoverende, maklike identifikasiegids om die aantal spesies waaraan 'n onbekende boom moontlik kan behoort, te verminder.
  • Ten volle geïllustreerde inleidende hoofstukke oor biome en bome; vrugtebome; meubels en handwerk; brandhout; medisinale en giftige bome; bome en diere; argitektuur van bome; identifisering van bome.

Oor die Skrywers:

  • Braam van Wyk is 'n professor in Plantkunde aan die Universiteit van Pretoria. Hy is 'n deskundige op die gebied van die klassifikasie van bome van Suider-Afrika en het 'n besondere belangstelling in plantgeografie.
  • Wyle Piet van Wyk was 'n bioloog wat drie dekades as navorser in die Nasionale Kruger-wildtuin gewerk het. Verskeie populêre boeke oor bome van Suider-Afrika het uit sy pen verskyn.
  • Ben-Erik van Wyk is 'n professor in Plantkunde aan die Universiteit van Johannesburg. Hy is 'n deskundige op die gebied van plantsistematiek en die benutting van inheemse plante.

Also available in English: Click here

Write Your Own Review
You're reviewing:Fotogids tot Bome van Suider-Afrika
Your Rating