Get to Nature with Briza Publications!

Game Ranger in Your Backpack

Game Ranger in Your Backpack

Die Veldwagter Stap Saam

Rating:
100% of 100
ZAR495.00
Availability: In stock
ISBN
9781920217181

Outeurs: Megan Emmett & Sean Pattrick
ISBN: 978-1-920217-18-1
Omvang: 352
Formaat: 240 x 210 mm
Sagteband, volkleur, 1 200 fotos

(Ook in Engels beskikbaar Game Ranger in Your Backpack – All-in-one interpretative guide to the Lowveld

 

Oor die boek:


Die Veldwagter Stap Saam is nie 'n tradisionele veldgids in die sin dat dit tot in die fynste besonderhede verduidelik hoe om 'n spesifieke plant of dier te identifiseer nie (alhoewel die teks tog nuttige wenke gee om uitkenning te vergemaklik). Die doel met hierdie boek is eerder om te dien as 'n persoonlike gids of 'veldwagter’ tydens 'n besoek aan die Laeveld. Dit ontsluit op 'n toeganklike wyse 'n magdom verklarende inligting oor die mees algemene diere en plante van die Laeveld en doen so weg , met die nodigheid om 'n stapel verskillende veldgidse saam te karwei.

Die Veldwagter Stap Saam is 'n beknopte gids propvol interessante inligting oor 'n verskeidenheid onderwerpe, met inbegrip van soogdiere, voëls, reptiele en amfibiërs, ongewerweldes, bome, grasse, veldblomme en spoorsny, toegelig met honderde kleurfoto’s wat help met die verklaring van diergedrag en uitkenning van algemene spesies.

Die Veldwagter Stap Saam is die ideale handleiding vir amateurnatuurkundiges van alle ouderdomme, insluitend nuwe besoekers aan die bosveld, vakansiegangers en aspirant 'veldwagters’. Wanneer 'veldwagters’ in die toerismebedryf hulle opleiding ontvang, is dit juis die inligting vervat in hierdie boek wat hulle eerste moet baasraak. Enige 'veldwagter’ wat sy sout werd is moet oor 'n grondige kennis van die natuur beskik om kliënte se vrae sinvol te kan beantwoord en die beginpunt is altyd om die mees algemene onderwerpe in elke studieveld onder die knie te kry. Mettertyd kan veldwagters hul basiese kennis van die algemene onderwerpe uitbrei deur al meer gespesialiseerde bronne te bestudeer. Hierdie benadering kan natuurlik gevolg word deur enigiemand wat sy of haar kennis van die bosveld wil verbreed - en Die Veldwagter Stap Saam beloof om dit 'n genotvolle en deelnemende proses te maak!



Oor die outeurs:

 

Megan Emmett is werksaam as navorser, fotograaf, skrywer en assistant-vervaardiger van natuurlewefilms in die televisiebedryf waar sy dokumentêre films vervaardig vir kanale soos National Geographic en Animal Planet, en as gids vir privaat safari-ondernemings in die groter Krugerwildtuin. Sy is ook ’n nasionaal geakkrediteerde veldwagter-instrukteur en assesseerder. Megan is ’n gereelde medewerker aan tydskrifte soos Africa Geographic.

Sean Pattrick is ’n geakkrediteerde Theta/FGASA veldwagter-instrukteur en assesseerder. Na baie jare ervaring in die Afrika-bosveld, bekwaam Sean hom as fotograaf. Hy is ’n veelsydige kunstenaar en is ewe tuis in ’n helikopter om olifant- en renostervangtogte te fotografeer, op die spoor van die Groot Vyf vir ’n foto-safari, of saam saam met tydskrifjoernaliste op ’n foto-opdrag vir internasionale of plaaslike publikasies.

 

Ook beskikbaar in Engels: Sien in aanlyn winkel

 
Write Your Own Review
You're reviewing:Die Veldwagter Stap Saam
Your Rating