Briza Publications Shop Closure

Please note that this online shop is no longer functional. You can continue to shop Briza titles at your local or online bookstores.

 

Kennis Klop Kanker

Kennis Klop Kanker

Muti en Mites uit Afrika

Muti en Mites uit Afrika

Kennis Klop Kanker

Rating:
80% of 100
ZAR295.00
Availability: Out of stock
ISBN
9780980259933

Outeur: Albert Stegmann Alberts
ISBN: 9780980259933
Omvang: 324
Formaat: 240 x 168 mm
Sagteband, volkleur met volkleurfoto's en –illustrasies
Ook in Engels beskikbaar: Knowledge Beats Cancer

 

Oor die boek:


JY HET KANKER! 'n Ystervuis beklem jou hart wanneer jy die diagnose hoor. Ná die skok en ontkenning kom die vrae: Wat gaan nou met my gebeur? Wat is my oorlewingskans?

In Kennis Klop Kanker word die pasiënt, en enigeen wat meer van kanker wil weet, ingelig oor alle fasette van kanker:

  • Wat kanker presies is en hoe kanker ontstaan
  • Die omvangsyfer en suksesse van kankerterapieë
  • Belangrikheid van dieet, noodsaaklike gereelde ondersoeke en selfondersoeke
  • Die vele vertakkinge en benaderinge van moderne terapieë
  • Moderne behandelingsmetodes en prognose van algemene kankers (29 tipes)
  • Deurbrake in molekulêre biologie met minder newe-effekte
  • Beenmurgstamseloorplanting
  • Mediane oorlewingstatistiek
  • Alternatiewe, komplementerende en integrerende terapieë
  • Pasiëntondersteuning, herstel ná mastektomie, kanker by jongmense en kinders, goeie pynkontrole, versorging van pasiënte met gevorderde kanker
  • Ondersteuning deur gemeenskapsorganisasies
  • Skrywer se persoonlike perspektief oor lyding en geloofsgenesing

 

Oor die outeur:

 

Albert Stegmann Alberts is 'n onkoloog wat 33 jaar lank met kankerpasiënte gewerk het. Hy het gespesialiseer in al die vertakkings van kankerterapie. Hy is die outeur van verskeie internasionale publikasies.

 

Ook beskikbaar in Engels: Sien in aanlyn winkel


 
Write Your Own Review
You're reviewing:Kennis Klop Kanker
Your Rating