Soogdiergids van Suider-Afrika
Die nuwe uitgawe van hierdie gewilde veldgids is omvattend hersien en bygewerk. Dit is een van die volledigste veldgidse oor die soogdiere van die Suider-Afrikaanse substreek.
Soogdiergids van Suider-Afrika is onontbeerlik vir toeriste, stappers, wildkykers en algemene natuurliefhebbers om tuis of tydens besoeke aan ons nasionale parke en wildreservate te geniet.
Skrywer: Burger Cillié
ISBN (AFR): 978-1-920217-47-1
Omvang: 240 bladsye
Formaat: 240 x 168 mm – Sagteband, volkleur, meer as 200 foto’s
Neem asb kennis:
- Pryse hierbo van toepassing op direkte, private verkope vanaf Briza Publikasies
Oor die boek:
Die nuwe uitgawe van hierdie gewilde veldgids is omvattend hersien en bygewerk. Dit is een van die volledigste veldgidse oor die soogdiere van die Suider-Afrikaanse substreek.
Die nuwe uitgawe sluit in:
- Uitgebreide aantal kleiner soogdierspesies en agt van die meer volop seesoogdiere. ‘n Maklik-bruikbare stelsel om die diere te identifiseer.
- ‘n Skets wat die grootteverhouding tussen die dierespesie en ‘n mens aandui.
- Volledige spesiebeskrywings, ingesluit inligting oor die bewaringstatus, grootte, dieet, geslagsverskille, lewensduur, vyande, habitat, gewoontes, voortplanting en geluid van 137 van die mees algemene soogiere van Suider-Afrika.
- Meer as 200 volkleurfoto’s wat die manlike en vroulike diere sowel as verskillende subspesies, waar van toepassing, illustreer.
- Revolutionêre ontwikkeling wat lesers in staat stel om die diergeluide te hoor deur met die Klankleser® (nie by die boek ingesluit) aan die foto te raak.
- Kleurfoto’s en illustrasies van veldtekens, soos mis en spore.
- Bygewerkte verspreidingskaarte van al die spesies.
- Sluit die Groot Vyf in.
Soogdiergids van Suider-Afrika is onontbeerlik vir toeriste, stappers, wildkykers en algemene natuurliefhebbers om tuis of tydens besoeke aan ons nasionale parke en wildreservate te geniet.
Nota:
Indien u reeds die Briza/SAPPI Klankleser® besit, klik hier om die Soogdiergids van Suider-Afrika klankbaan aan te koop vir laai op u Klankleser® of klik hier vir die pakket wat die boek, Klankleser® en klankbaan insluit.