Get to Nature with Briza Publications!

Veld Management: Principles and Practices

Veld Management: Principles and Practices

The lycopods and ferns of the Drakensberg and Lesotho

The lycopods and ferns of the Drakensberg and Lesotho

Veldbestuur: Beginsels en Praktyke

ZAR370.00
Availability: Out of stock
ISBN
9781920217563

Outeur: Frits van Oudtshoorn
ISBN: 9781920217563
Bladsye: 256 pages
Formaat: 240 x 168 mm (portret)
Sagteband, volkleur deurgaans, 380 foto's en illustrasies

 

Oor die boek:


Veld is ’n lewensbelangrike natuurlike hulpbron vir ons aardse bestaan. Sowat 80% van ons mooi land bestaan uit veld. Die grootste deel daarvan word vir vee- en wildboerdery asook vir bewaring van biodiversiteit en vir ontspanning gebruik. Goeie veldbestuur is nodig om grondagteruitgang te stuit en om volhoubare voedselproduksie en bewaring van biodiversiteit te verseker. Maar goeie veldbestuur berus op ’n goeie kennis van ekologiese beginsels en veldbestuurspraktyke, iets wat baie grondgebruikers nie beskore was om te verkry nie. Dié boek poog om die nodige kennis te verskaf om grondgebruikers te help om die grond in hul sorg doeltreffend te bestuur - inderdaad ’n reuseverantwoordelikheid.

 

Spesiale kenmerke:


Die insluiting van meer as 380 foto’s en illustrasies en die gebruik van maklik verstaanbare taal in Veldbestuur - Beginsels en Praktyke is daarop gemik om die taamlik tegniese onderwerp te vereenvoudig. Inhoud:

  • Hoofstuk 1 is ’n inleiding tot die onderwerp en sluit ook belangrike wetgewing in.
  • Hoofstuk 2 bespreek die natuurlike hulpbronne, soos grond, plantegroei en water, waaroor ons tydens veld- en grondbestuur beheer uitoefen.
  • Hoofstuk 3 handel oor ekologiese beginsels, met afdelings oor basiese ekologiese prosesse, die rol van plante en diere, en grondagteruitgang.
  • Hoofstuk 4 bevat al die belangrike praktyke soos eiendomsbeplanning, weidingstelsels, brandbestuur, die beheer van ongewenste plante en nog veel meer.


Ook beskikbaar in Engels: Sien in aanlyn winkel

Write Your Own Review
You're reviewing:Veldbestuur: Beginsels en Praktyke
Your Rating